Kirjojen hintavertailu. Mukana 12 016 292 kirjaa ja 12 kauppaa.

Kirjahaku

Etsi kirjoja tekijän nimen, kirjan nimen tai ISBN:n perusteella.

2 kirjaa tekijältä Deon Opperman

Hartland

Hartland

Deon Opperman

Tafelberg Publishers Ltd
2012
nidottu
Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie - die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding - en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook 'n tienerliefde wat blom en 'n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.
Donkerland

Donkerland

Deon Opperman

Tafelberg Publishers Ltd
2013
nidottu
Donkerland beloof om een van die grootste TV-gebeurtenisse van 2013 vir Afrikaanse kykers te wees - 'n epiese werk wat 158 jaar van Afrikaner-geskiedenis in dertien episodes teleskopeer. Dit is ook een van die mees ambisieuse skeppings van Deon Opperman se loopbaan as dramaturg en draaiboekskrywer - 'n poging om aan die hand van die wedervaring van ses geslagte van die De Witt-familie te vertel wat tussen 1838 en 1996 met die Afrikaner gebeur het. "Deon Opperman het nog nooit 'n oninteressante karakter geskep nie," vertel Breytenbach, "en mense wat Donkerland lees, sal gou agterkom hoe uniek die mense is wat hy hier vir ons aantree."