Kirjojen hintavertailu. Mukana 11 342 296 kirjaa ja 12 kauppaa.

Kirjahaku

Etsi kirjoja tekijän nimen, kirjan nimen tai ISBN:n perusteella.

4 kirjaa tekijältä Max Minnaar

Waar die wind omdraai

Waar die wind omdraai

Max Minnaar

Createspace Independent Publishing Platform
2015
nidottu
Let asseblief daarop dat hierdie boek voorheen gepubliseer is onder die naam "Windvanger". Na 'n blitsromanse raak sjarmante Wessel van Rhyn verloof aan McKaylin Basson. Maar hy gebruik sy broer se naam in d se afwesigheid om deure vir hom te laat oopgaan: Le Roux van Rhyn, 'n gesogte, aantreklike en suksesvolle internasionale sakeman wat sy privaatheid n sy vrygesel-status jaloers beskerm. Dis hierdie identiteitsmisbruik, leuens en omstandighede wat vir McKaylin lei tot 'n nag van onbeteuelde passie in die regte hotelsuite, maar saam met die verkeerde man. Want die regte Le Roux het onverwags teruggekeer. Wreed ontnugter en diep beskaamd vlug sy terug huistoe met 'n wrok teen albei broers.Le Roux se gedagtes bly egter onkeerbaar terugdwing na die wildvreemde vrou wat hy die oggend in sy bed ontdek het. Dis net 'n kwessie van tyd voordat hy haar agternasit. En dit word broer teen broer oor 'n vrou wanneer Wessel obsessief raak oor haar. Hoewel Le Roux die boere van hierdie land besonder simpatiekgesind is, maak hy skaamteloos daarvan gebruik om McKaylin - wat op 'n plaas grootgeword het en wie se familie steeds boer - later te forseer om met hom te trou. As iemand wat lank gelede reeds verleer het om liefde te herken, te wys of te erken, gaan alles vir hom bloot om die fisieke. Om sinlike bevrediging. Of s glo hy. McKaylin, wat al haar gevoelens wegsteek agter ontoeganklikheid, vind dat sy, ondanks al haar pogings, hierdie seksuele roofdier nie kan weerstaan nie, maar s soek na m r. Sy wil sy liefde k h . Want die stug koningin van Groen Akker Kwekery is ook die windprinses van drome in die gelyknamige sprokie.
Ys en Vuur

Ys en Vuur

Max Minnaar

Createspace Independent Publishing Platform
2014
nidottu
Uit die pen van Max Minnaar: 'n Verhaal vol intrige. Hartseer, verlies, haat, 'n soeke na geregtigheid, wilde hartstog en liefde wat sal oorwin. Of nie'n Verbitterde Natasha vat spoor agter die man aan wat verantwoordelik is vir haar jonger suster se dwelmdood. Sy slaag daarin om by dieselfde plek as hy werk te kry en sy wek sy belangstelling in haar sonder moeite. Skimme uit die verlede spook by haar en 'n tragedie uit die geskiedenis word herhaal. Sy ontmoet egter ook vir Hein en is magteloos teen sy onweerstaanbare magnetisme. Salig onbewus van haar netjies uitgewerkte planne - wat hom nie m g insluit nie - verloor Hein op sy beurt sy hart totaal aan die hardkoppige, wraaklustige donkerkop wat al hoe meer begin flankeer met gevaar en later 'n dwelmsindikaat binnedring. En asof dit nie genoeg is nie, is sy ook nog deel van 'n ekstreme vigilante-groep. As gevolg van haar pligsgevoel teenoor haar suster bly sy teen haar gevoel vir die blonde Viking veg. Totdat sy een nag swig en daarna agterkom dat sy haar deeglik misreken het met hom. Die vonke spat om elke hoek en draai tussen twee mooi mense. Sal sy afsien van haar vergeldingsplanne? Of is hulle liefde gedoem tot mislukking?
Die Engel het 'n Sekelstert

Die Engel het 'n Sekelstert

Max Minnaar

Createspace Independent Publishing Platform
2015
nidottu
Uit die pen van Max Minnaar: Die Engel het 'n SekelstertAlte hou nie van aantreklike mans nie. Alte hou nie van mans nie. Punt. Behalwe van haar broer, Ettienne, wat 'n guns van haar afsmeek en haar sodoende onbedoeld midde-in die speelarena van Retief Ruyters laat beland. Hy is pure man. En hy is aantreklik. Baie aantreklik..Alte se voorkoms, maar veral haar houding, vestig sy aandag baie pertinent op haar. Hy laat hom nie vermy of ignoreer nie. En hy laat haar uit die staanspoor onomwonde verstaan presies wat die aard van sy belangstelling in haar is, ten spyte van sy betrokkenheid by beeldskone Christine Verwey, 'n sosiale vlinder wat venynig-besitlik is oor hom. Van wie Alte nog minder hou.Daar is egter heelwat onheilige bestanddele wat prut in die duiwel se roerpot: Nywerheidspioenasie, dwelm- en mensehandel ... Soveel so dat ook Vincent genope voel om weer 'n draai te maak.En die poppe begin dans wanneer Alte ontvoer word.Tussendeur dit alles vonk hartstog. Of is dit liefde
Arabella

Arabella

Max Minnaar

Createspace Independent Publishing Platform
2016
nidottu
Vir Arabella Alexander, 'n eenkant-dromer aan die sonkant van die lewe, het Rainer alles kom vervolmaak. In haar beskermde w reld was geen plek vir skadus nie en dat hierdie paradys in duie kon stort, was ondenkbaar.Maar dit het, en sommerso skielik staan sy alleen - ongetoets in liefde en in haar geloof.Die klein kring wie se menings by haar tel, weier hardnekkig om te glo wat sy met haar eie o aanskou het en s hul steun eendragtig toe aan die man wat haar Eden in 'n dorsland verander het. Die res van die dorp verwerp hom.En sy? Sy vind dat liefde nie voorgeskryf kan word nie en dat boosheid in vele gedaantes kom: Onder andere as veroordeling op sigwaarde en onbetrokkenheid by die weerloses - wat skreiende onreg gebaar het. In die rustige, plattelandse dorpie broei donker geheime sedert die duiwel dit ongemerk sy l plek gemaak het. Aan die boesem van die gemeenskap glimlag die adder soos 'n engel, en hulle is salig onbewus daarvan dat sy teiken die kosbares is: hulle kinders.Teen hierdie agtergrond wonder Arabella watter gesig is di van die man wat weier om haar hart te laat los: Die duiwel wat haar bedrieg het, of die engel wat sy sien wanneer 'n kind tragies sterf?Sien is mos glo. Of is dit?