Kirjojen hintavertailu. Mukana 12 390 323 kirjaa ja 12 kauppaa.

Kirjailija

Ena Murray

Kirjat ja teokset yhdessä paikassa: 6 kirjaa, julkaisuja vuosilta 2012-2013, suosituimpien joukossa Ena Murray Omnibus 35. Vertaile teosten hintoja ja tarkista saatavuus suomalaisista kirjakaupoista.

6 kirjaa

Kirjojen julkaisuhaarukka 2012-2013.

Ena Murray Omnibus 40

Ena Murray Omnibus 40

Ena Murray

Tafelberg Publishers Ltd
2013
nidottu
Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alles verander wanneer haar man uit die tronk vrygelaat word. In Die uurglas loop leeg word Karien se man ernstig beseer en vind sy dat sy hunker na nie net een nie, maar twee dokters. En in Die dae van ons nietigheid is Lizl en Willem, twee mediese topstudente, voortdurend in wedywering met mekaar. En die liefde hou nie van kompetisie nie ...
Ena Murray Omnibus 39

Ena Murray Omnibus 39

Ena Murray

Human Rousseau (Pty) Ltd
2013
nidottu
In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. Die oplossing: hulle soek eerder self 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? En jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? En in Wag-'n-bietjiebos van die liefde ondersoek die maatskaplike werker Lisbe Erwee 'n nuwe geval in Keerboomstraat en word onvermydelik in die wag-'n-bietjiebos van die lewe vasgevang.
Ena Murray Omnibus 38

Ena Murray Omnibus 38

Ena Murray

Tafelberg Publishers Ltd
2013
nidottu
In Die tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring van die hart het Kasper 'n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan die skugter man tot haar redding kom, al het sy met 'n swierbol getrou? En in En die klippe sal uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhone, 'n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, 'n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf ...
Ena Murray Omnibus 37

Ena Murray Omnibus 37

Ena Murray

Tafelberg Publishers Ltd
2013
nidottu
Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ...Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ...en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.
Ena Murray Omnibus 36

Ena Murray Omnibus 36

Ena Murray

Tafelberg Publishers Ltd
2012
nidottu
In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wereldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer ...En in More le ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.
Ena Murray Omnibus 35

Ena Murray Omnibus 35

Ena Murray

Tafelberg Publishers Ltd
2012
nidottu
In Die vrou in die spieel word die hoofkarakter een oggend wakker ...en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe 'n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, 'n naam wat sy in haar diepste wese weet nie hare is nie! In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself 'n volle twintig jaar ouer te laat voorkom - sy beeld 'n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie. En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar 'n maand voor hul troue in dat hy 'n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy 'n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het...