Kirjojen hintavertailu. Mukana 12 335 048 kirjaa ja 12 kauppaa.

Kirjailija

Gert Van Jaarsveld

Kirjat ja teokset yhdessä paikassa: 2 kirjaa, julkaisuja vuosilta 2019-2020, suosituimpien joukossa Die Wraak is Myne!. Vertaile teosten hintoja ja tarkista saatavuus suomalaisista kirjakaupoista.

2 kirjaa

Kirjojen julkaisuhaarukka 2019-2020.

Bevrore hart

Bevrore hart

Gert Van Jaarsveld; Anja Ries

Independently Published
2020
nidottu
Toe die hael haar genadeloos uit die hemel kasty, het sy die woorde: "Hoekom doen Jy dit aan my?" die hemel ingeslinger. Sy was dan j s op pad uit haar flenterbestaan na 'n nuwe lewe Toe het daar 'n groot blok ys in haar hart kom sit. In die gebeure wat volg, moet sy telkens ervaar hoe teenspoed, die wrede lewensgang, teleurstelling en smart haar, en die mense vir wie sy lief het, tref en die ysblok voed. T g het sy telkens die innerlike krag gevind om voort te gaan, om 'n sukses te maak van haar ondernemings, om nooit haar empatie met haar medemens te verloor nie; tewens sy het altyd probeer om meer van haarself te gee as wat sy ontvang het.Die verhaal speel af rondom die tyd van die Tweede W reldoorlog in 'n myndorpie in Suid-Afrika; 'n oorlog wat haar ook tot in haar diepste wese geraak het.Waar sou die oplossing wees vir haar voortdurende stryd teen algehele radeloosheid? Sal dit 'n nimmereindigende innerlike stryd wees? Sou die liefde van 'n man haar kon help om die blok ys in haar hart te laat smelt?
Die Wraak is Myne!

Die Wraak is Myne!

Gert Van Jaarsveld

Independently Published
2019
nidottu
Die wraak is myne In die hof, na sy tien jaar vonnis vir bankroof, het Hannes hardop gesweer dat sy wraak almal wat teen hom saamgesweer het, sal tref. Ook die speurder, Odendaal, wat hom in die tronk laat beland het In die tronk het hy geleer van plofstof, ploftoestelle en die elektroniese geheime van afstandbeheer.Toe hy na agt jaar, as gevolg van 'n presidensi le amnestie vrygelaat word, was hy gereed om wraak te neem. Odendaal, nou 'n privaat speurder op aandrang van sy vrou, het huweliksprobleme, is hartlik gefrustreerd met sy werk maar besef na 'n paar bommoorde dat hy ook 'n teiken is, dalk die finale teiken. Hy moet homself, sy gesin en nog moontlike slagoffers probeer beskerm. Maar daar is nog ander rolspelers: Sylvia, op wie Hannes verlief is, die bankamptenaar wat ook by die bankroof betrokke was en sy misdadigervriend. Daar is Smiley en die onderw reld van Johannesburg. Wie kom die wraak toe?