Kirjojen hintavertailu. Mukana 12 595 353 kirjaa ja 12 kauppaa.

Kirjailija

Wilna Adriaanse

Kirjat ja teokset yhdessä paikassa: 4 kirjaa, julkaisuja vuosilta 2008-2014, suosituimpien joukossa Rebecca. Vertaile teosten hintoja ja tarkista saatavuus suomalaisista kirjakaupoista.

4 kirjaa

Kirjojen julkaisuhaarukka 2008-2014.

Rebecca

Rebecca

Wilna Adriaanse

Tafelberg Publishers Ltd
2009
nidottu
Wilna Adriaanse se deurbraakboek is nou weer beskikbaar! Op vyf-en-twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italie op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n 'regte' werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van 'n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistant, besluit sy om aansoek te doen.
Dubbelspel

Dubbelspel

Wilna Adriaanse

Tafelberg Publishers Ltd
2014
nidottu
Ellie McKenna het gedog sy weet waarvoor sy haar inlaat toe sy die gevaarlike skaduwereld infiltreer het, maar dit raak gou duidelik dat sy 'n growwe fout begaan het. Dis 'n werk waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.
Wilna Adriaanse Omnibus 3

Wilna Adriaanse Omnibus 3

Wilna Adriaanse

Tafelberg Publishers Ltd
2011
nidottu
In "Die wingerd sal weer bot" bly Juliette aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Na 'n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar is 'n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van 'n Susan gaan trou ...In "Liefde is 'n kleur" sukkel Emma lank na haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. 'n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drie mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy die keuse maak? En in "Brug van woorde" is Magriet 'n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir 'n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet 'n baie gawe kletsmaat, 'n man wat haar so goed verstaan...
Die boek van Ester

Die boek van Ester

Wilna Adriaanse

Tafelberg Publishers Ltd
2008
nidottu
As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in 'n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is 'n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, 'n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van 'n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat 'n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy 'n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir 'n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, 'n veearts van beroep, maar ook betrokke by 'n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is 'n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humaniter stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat 'n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naief is en nie wil sien dat hy met 'n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan 'n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen 'n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen 'n man wat nie wil aanvaar dat hy met 'n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit 'n mens se skoene geskud nie.